Vir verspreiding aan:
1. AMC Equipment klante en aandeelhouers
2. AMC Equipment Personeel
3. GWK/VKB Personeel betrokke by Handel en Finansiering (Via GWK Strukture)
Prosedure vanaf 1 April 2025 vir aankope deur John Deere Produsente by AMC Equipment teen GWK Finansiering fasiliteite
Ons verwys na die onlangse kennisgewing waartydens GWK/VKB kennis aan GWK klante gegee het dat ondersteuningsdienste vanaf hulle met AMC Equipment beëindig word op 31 Maart 2025, en bevestig dat die volgende prosedure in plek sal wees vanaf 1 April 2025 ten opsigte van die volgende onderskeie afdelings vir enige aankope by AMC Equipment (John Deere agentskap) deur hulle fasiliteite by GWK:
1. Heel werktuig Verkope (Nuut en Gebruik)
- Aankope van toerusting waar die produsent van ‘n huurkoop by GWK gebruik wil maak, kan steeds voortgaan.
- Produsente wat van ander Finansiering Instansies gebruik wil maak, gaan onveranderd voort soos in die verlede, en direk met daardie betrokke Banke en Instansies hanteer word.
- Waar die produsent aansoek doen by GWK, sal GWK aan AMC Equipment skriftelik bevestiging gee van die Item, Bedrag en Regspersoon wat kontrakteer, waarna AMC Equip die Item sal voorberei vir aflewering op ooreengekome datum. (AMC Equipment sal op versoek die detail per kwotasie gee vir die item/s wat by GWK gefinansier moet word vir hulle oorweging).
- Fakturering word gedoen nadat GWK die skriftelike bevestiging van goedkeuring van die betrokke Item, Prys en Regspersoon aan AMC Equip voorsien het.
- Aflewering daarvan kan slegs geskied nadat GWK die geld namens die Produsent aan AMC Equip betaal het, of ‘n skriftelike “Letter of Release”, waarna betaling en lewering gelyktydig sal geskied.
- In hierdie geval is daar geen koste of ander betaal termyne van toepassing nie.
- AMC Equipment sal ‘n aparte Debiteure Rekening in ons boeke skep om GWK as Debiteur te akkommodeer en bogenoemde prosedure te ondervang.
- Lewering en Betaling vind gelyktydig plaas.
2. Verkope van onderdele, opening en afsluiting van werkkaarte asook verhuring van toerusting aan AMC Klante teen GWK Krediet fasiliteite
- Kontant aankope direk by AMC Equipment kan direk gedoen word soos gebruiklik.
- Enige aankope van onderdele, opening en afsluiting van werkkaarte asook die huur van toerusting by AMC Equipment teen krediet fasiliteite van die produsent by GWK MOET vanaf 1 April 2025 vergesel word van ‘n amptelike bestel nommer van GWK per transaksie.
- Hierdie bestel nommer/s word aangevra deur die betrokke AMC Bedryf punt by die Plaaslike Handelstak van GWK.
- Hierdie bestel nommer/s reserveer die krediet teen die betrokke klant se rekening waarteen AMC Equip die fakturering sal doen.
- AMC Equip maak die faktuur uit aan GWK “gelewer aan” die betrokke produsent (aangedui op die faktuur) met verwysing na die bestel nommer.
- In die geval van werkkaarte moet daar ‘n bedrag soos met produsent se kwotasie vir die werk ooreengekom, op die bestelling aangedui en gereserveer word, en waar nodig moet aanpassings daarop met die produsent en betrokke Handelstak ooreengekom word vir wysiging voordat die werkkaart afgesluit moet word, sou die bedrag moes wysig of verhoog (hier is gewoonlik ‘n langer tydsverloop).
- Alle fakture moet dan aan GWK se Krediteure afdeling gestuur word saam met die maandelikse staat, wat AMC Equipment 30 dae na staat sal betaal teen ‘n ooreengekome korting as teenprestasie vir die diens wat gelewer word in daardie betrokke maand, om ons namens die klante te betaal teen hulle GWK Fasiliteite.
- Die ooreengekome korting word outomaties deur GWK afgetrek van die faktuur en staat bedrag wat aan AMC Equipment betaal word elke 30 dae na staat.
- AMC Equipment sal op sy beurt die ooreengekome korting verantwoord as “Korting toegestaan” in ons eie boeke.
- AMC Equipment sal vir hierdie doeleindes ook nog ‘n aparte debiteure rekening vir GWK skep ten einde hierdie gedeelte van die besigheid te kan akkommodeer.
Vir enige verdere navrae of onsekerheid, kan enige lid van AMC Equipment se Bestuur gekontak word.
Groete,
AMC Equipment Bestuur